National Geographic Society




National Geographic Society


Leuse
Inspire, illuminate, teach.


Stigter
Gardiner Greene Hubbard


Stigtingsdatum
27 Januarie 1888


Hoofkwartier
Washington, DC
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State


Ledetal
6,8 miljoen


Sleutelpersone
Jean M. Case (voorsitter, 2016-)
Gary E. Knell (hoof uitvoerende beampte/president, 2014-)


Hooforgaan
Board of Trustees


Webtuiste
NationalGeographic.com

Die National Geographic Society (NGS) is een van die wêreld se grootste nie-winsgewende wetenskaplike en opvoedkundige instellings. Die vereniging, wat oorspronklik ter bevordering van aardrykskunde in die lewe geroep is en sy hoofkwartier in Washington, DC in die Verenigde State het, het ook belangstelling in argeologie en natuurwetenskappe, bevorder die bewaring van die natuur en historiese erfenis, en stel belang in wêreldkultuur en -geskiedenis.

Die kenteken van die NGS is 'n geel portretraam wat ook op die voorblaaie van sy tydskrif National Geographic Magazine verskyn en eweneens as kenteken van sy televisiekanaal gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search